Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Retoer - Marita van der Vyver

Retoer

Pretoria - provence
Buch | Softcover
160 Seiten
2018
Lapa Publishers (Verlag)
978-0-7993-8479-6 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Retoer: Pretoria – Provence is ’n bundel van die bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in ’n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met ’n ATKV-Mediaveertjie vereer is. Die “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wereld: Van haar jeugherinneringe – haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was – tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor ’n tiekieboks, die karre van haar kleintyd (’n bruin Opel en ’n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariers en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”. Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike. ’n Tema wat soos ’n paar voetspore deur Retoer loop, is die van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self. Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oe laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op ’n sielsreis neem.

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het 'n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf 'n sprokie, in 1992 'n blitsverkoper en 'n literere sensasie word. Sedertdien het sy 'n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen. Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf 'n sprokie in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon op 'n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het 3 seuns en 'n dogter.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Pretoria
Sprache Afrikaans
Maße 130 x 198 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Literatur Essays / Feuilleton
Reisen Reiseberichte Afrika
ISBN-10 0-7993-8479-8 / 0799384798
ISBN-13 978-0-7993-8479-6 / 9780799384796
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
als Tierärztin und Artenschützerin im Dschungel

von Hannah Emde

Buch | Softcover (2024)
Malik (Verlag)
CHF 28,90